SUKSES PANNEKOEK WENNER
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
2 eiers
200 ml melk
175 ml water
5 ml suurlemoensap
125 ml olie
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Klits eiers, melk, water en suurlemoensap saam. Voeg by meelmengsel en meng goed. Voeg olie by en meng goed om ‘n beslag, so dik soos room te verkry. Laat ‘n rukkie staan. Verhit pan wat met non-stick bespuit is. Roer beslag en bak pannekoeke. Strooi kaneelsuiker oor, rol op en bedien warm. Lewer 12 pannekoeke.
Resep: Cornelia Marais Myburgh









Mens kan die een maar bak, dit is ‘n lekker klein reseppie vir wanneer jy min mense is, maar dit is ‘n heerlike pannekoek