GEROOKTE EISBEIN (VARKSKENKELS) IN APPLETIZER
Resep geplaas deur Esbe Mostert
FOOD LOVERS RECIPES
750 ml Appletizer (ek het die wit een gebruik)
750 ml hoender aftreksel
1 kg gerookte eisbein
2 eetlepels appelkooskonfyt of opsioneel een van PnP se Finest Range Glazes
Laat die eisbein vir ‘n 1.5 ure liggies kook in die Appletizer en die hoender aftreksel.
Verwyder en vryf versigtig droog met ‘n handdoek rolletjie.
Maak diagonale (skuins J) snye op die bokant van die eisbein, maar net deur die vel/crackling gedeelte.
Smeer met die appelkooskonfyt of ‘n gekoopte glaze.
Grill totdat die velletjie lekker bruin is. (wees versigtig dit brand baie gou!)
Bedien met outydse mosterd.








