

SARDYN MACARONI
250 g (2 koppies) macaroni
3 groot uie
115 g (½ koppie) botter of margarien
1 blik (425 g) Sardyne in tamatiesous
4 eiers
5 ml (1 teelepel) sout
Verhit die oond tot 180ºC.
Smeer ‘n vlak oondvaste bak met ‘n volume van 2 Liter (8 koppies).
Kook die macaroni gewoon weg tot gaar, dreineer dit.
Skil die uie en sny dit ringe. Sorteer dit in die botter of maragarien.
Vlok die sardyne saam met hulle sous.
Klits die eiers. Meng die macaroni, uie, sardyne, eiers en sout.
Skep die mengsel in die bak en bak dit 20 minute lank.
Lewer 6 porsies.






