REENBOOG KOEK
Beslag vir 1 laag:
125 ml water
50 ml Margarien/botter
2 eiers
200 ml wit suiker
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
5 ml vanilla
Voedselkleursel van jou keuse
Spuit n ronde mikrogolf bak met Spray and Cook.
Sny ‘n sirkel handdoek papier so groot soos bodem en plaas in bak.
Mikrogolf water en margarien ‘n minuut tot gesmelt.
Klits eiers en suiker tot lig en sponsagtig.
Sif droë bestanddele en vou by eiermengsel in. Roer watermengsel, kleursel en vanilla liggies by tot loperige dun beslag.
Skepdie beslag in die voorbereide bak, mikrogolf ongeveer 5 min teen 100% krag (sit bak op omgekeerde piering en draai bak elke minuut as mikrogrolf nie ‘n draaitafel het nie)
Keer uit op vel waspapier op draadrak en verwyder handdoekpapier sirkel van bodem van die koek af.
TIP: Maak elke laag aan net voor dit gebak word, dit verseker ‘n fyn sagte tekstuur in koek. Hierdie beslag moenie staan voor dit gebak word nie, want dan is die tekstuur grof en krummelrig, so moenie alles op eenslag aanmaak en verdeel om te kleur nie – jy gaan spyt wees. Dit klink na baie werk maar sodra die een laag in mikrogolf is vat dit omtrent selfde hoeveelheid tyd om volgende beslag aan te maak!! As ek 5 lae moet bak, sny ek vooraf 5 handoekpapier sirkels, meet en sif ek droë bestanddele af in 5 plastiese bakke, ens. (en die beslag is heerlik om uit bak te lek)
Ek het cream cheese icing gebruik tussen lae en rondom koek en wit kitkat vasgeplak daarop rondom koek met baie sweeties bo-op! LEKKER BAK!
Resep geplaas deur Elna Joubert Badenhorst
Foto: Elna Joubert Badenhorst