SKUD HOENDER
Spoel die hoenderporsies af onder lopende water en verwyder kliere indien daar is.
Plaas die hoender in ‘n oondbak met ‘n deksel, sny ‘n ui oor die hoender, besprinkel met Franse slaaisous of slaaisous van jou keuse. Plaas die deksel op die bak en plaas die bak in die oond.
Na so halfuur in die oond, haal die bak uit, skud dit net effens, met deksel op. Plaas die bak terug in die oond, na nog ‘n halfuur herhaal die skud-proses, tot dit gaar is. Verwyder die deksel, bak die hoender oop tot dit bietjie verbruin. Makliker kry jy nie, en dis heerlik, geniet
Resep: Ria Magdalena Susanna








