

Lamskerrie is die perfekte Sondagmaaltyd om voor te berei. Hierdie resep is genoeg vir ses mense.
Bestanddele:
2 kg lamstowevleis
kookolie
2 gekapte uie
5 knoffelhuisies
1 t varsgekapte groengemmer
1 E masala
2 E kerrie
1 E borrie
1 E fyn koljander
1 t fyn komyn
2 heel steranyse
5 kardemomsade
3 vars lourierblare
Growwe sout en –peper
1 pypkaneel
5 E appelkooskonfyt
10 klein uitjies
3 geelwortels, opgekap
1 handvol geweekte droëperskes
1 blik gekapte tamaties
6 aartappels in kwarte gesny
Kookwater
Metode:
Hierdie resep is genoeg vir ses mense.
Braai die lamsvleis in die kookolie tot bruin en skep dit uit.
Braai dan die uie, knoffel en groengemmer en sit die vleis terug.
Gooi die masala, kerrie, borrie, koljander,komyn, steranys, kardamomsade, lourierblare en sout en peper, pypkaneel en appelkooskonfyt by en roer deur.
Gooi dan die uitjies, geelwortels, droë perskes, tamaties, aartappels en genoeg kookwater by.
Laat stadig prut.
Foto: Ivanda Venter
Resep geplaas deur Linda Venter







Ivanda Venter:
Het gisteraand die Bolandse Lamkerrie gemaak wat op julle blad is. Ongelukkig nie foto geneem nie maar dit was heerlik en ek kan dit aanbeveel vir koue aande. Resep lyk dalk lank maar is baie maklik om te maak en baie geurig.