HOLLANDSE APPELMOES
1 kg Rooi appels,
1 eetlepel suurlemoen sap,
100 gram suiker,
1 opgehoopte theelepel poeier kaneel.
Skil die appels, sny dit in stukkies.
In ‘n skaal meng jy die suurlemoen se sap met bietjie water en daar sit jy die stukkies appel in sodat hulle nie bruin word nie. Giet die water en suurlemoen sap af van die appel stukkies en gooi die stukkies in ‘n pot. Dis perfek as daar nog klein bietjie suurlemoen sap/water by is en dan sit jy die suiker en die kaneel by en laat dit kook tot dit begin borrel/pruttel. Dan sit jy dit laag met die deksel skuins op die pot. Vat omtrend so 20 minute. as die appel sag is dan is dit reg. Soek jy appelmoes dan kan jy dit met ‘n aartappel stamper fyn maak en indien jy dit met appel stukkies wil he dan kan jy dit net so los. In Holland as jy stukkies appel nog in het en dit nie heel pap gekook is nie noem mens dit appel compote en as dit heel fyn is dan noem jy dit appelmoes.
RESEP: Marie Bellink








