

AMERIKAANSE PANNEKOEK – OF PLAATKOEKIES
My kinders geniet hierdie Amerikaanse pannekoek met stroop vreeslik baie. Die rede waarom ek dit begin bak het, was omdat my man dit geniet het toe ek die eerste keer Gluten Vrye kosse probeer maak het. Dit is omtrent al wat van die begin af ‘n sukses was!!! Ek het egter die resep verander deur die jare en hierdie resep is regtig vreeslik lekker!!
½ koppie water
½ koppie melk
2 eiers
1 eetlepel botter
½ eetlepel suiker
1 teelepel bakpoeier (gluten vry gekoop by Dischem)
‘n knippie sout
1 ½ koppie meel (meng chickpea, wit rys en tapioca meel saam)
½ teelepel Xantham Gum (kan dit ook koop by Dischem)
Meng die water, melk en eier saam. Voeg die suiker by en klits goed.
Smelt die botter en meng hierby.
Sif die meel, sout, bakpoeier, meel en Xantham Gum saam en voeg by.
Indien die mengsel te dik is, voeg ‘n bietjie water by. Die deeg moet egter nie so slap soos gewone pannekoek wees nie.
Meng alles saam en laat staan vir 10 minute.
Skep lepelsvol in’n warm pan en bak aan albei kante.
Bedien met stroop, jogurt en piesang. Dit smaak heerlik!!
Indien jy wel Gluten kan eet, vervang gerus die meel met gewone meel en bakpoeier en laat net die Xanthan Gum weg. Hierdie resep is heerlik en geskik vir die hele familie.






