HEERLIKE HOL VETKOEKE
5 koppies koekmeel
1 eetlepel suiker
5 ml sout
15 g kitsgis
Meng en maak aan met 300 ml louwarm water en 1 eetlepel olyf olie.
As dit bietjie droog voel gooi n groot eetlepel griekse yogurt by of as dit te klam is gooi bietjie meel by
Laat die deeg op n warm plek rys.
HOE OM DIE VETKOEK HOL TE KRY:
Jy breek stukkies deeg en druk plat met vingers, moet nie die lug uitrol of te veel handteer nie.
Wanneer die vetkoek bak dan bly jy warm olie oor gooi.
Jy kan sien as hy bak hoe hy oppof en hol word binne,
BRON – Ina Van Heerden Jones