


WILDSBOUD MARINADE (OOK SKAAPBOUD)
10 ml fyn koljander
10 ml swartpeper
5 ml fyn naeltjies
5 ml mosterdpoeier
2,5 ml fyn gemmer
3 ml neutmuskaat
sout
Repies varkspek
5 knoffelhuisies
suurlemoenblare / lourierblare
1 blikkie bier
75 ml asyn of 125ml suurlemoensap
75 ml worcestersous
125 ml olie
Vryf boud in met droë kruie. Kombineer sous bestanddele en marineer 24 uur of langer.
Bak 4-5 ure in stadige oond (150 grade C) IN DIE MARINADE.
Kan oornag gebak word teen 120 grade C.
Bak onder grill tot lekker bros indien verkies. Op sy beste as hy so sag is dat hy uitmekaar getrek word met twee vurke in die sous.
Resep en foto: Kiti de Jager
Kiti Citi – Ek moet julle se, die smaak is uitmuntend. Ek het die resep tot op die letter gevolg, tot op die ml. Selfs gemmer ingesit al hou ek nie van dit nie. Die smaak is eenvoudig orgasmic. Ek het die sous net dikgemaak. Hy was 5 ure in die oondjie.






