

Sny die heupbeen af van die boud af…
Steek die boud vol gate met n breelem mes
Meng nou die volgende sous…
1 koppie OLYF olie
1/4 koppie Bruin asyn of Suurlemoensap
1/2 koppie rou Heuning
1 teelepel swart peper
1 teelepel koljander
1 teelepel fyn neut
1 teelepel fyn kaneel
1 eetlepel sout
1 teelepel Mostert poeier
Meng al die bestandele saam en voeg nou die volgende in die sous…
1 Ui in groterige stukke gesny
so 8- 10 repies SKAAP STERT VET
3-4 knoffelhuisies middeldeur gesny
100 gram Cheddar kaas in repe gesny
Laat staan die mengsel vir omtrent n uur, en stop dan die boud met die Vet, knoffel, kaas, en uie….Gooi die res van die sous oor die boud , en laat staan vir so 6-8 ure in die yskas, of oornag…draai gereeld om..
Nou is die boud gereed, om in die oond gebak te word, Of in n Swartpot gebraai te word, of in n Baksakkie so saam met die sous waarin dit gele het….OF natuurlik in die prutpt oornag, en dan more net bruin braai in die oond…
Bron: Stefaans Blaauw






