VYE ASYN
Vye asyn – Fritz Uys..
Vye asyn is baie raar en in sy kinderskoene van ontwikkeling.
Vye wat vandag geoes word moet nie vermeng word met die vorige of die volgende dag se vye nie en moet in groeppe geklasifiseer word nl: 1.Oorryp 2. Ryp en 3. Minder ryp
Al die dele word gebruik vir die asyn ( tot dusver blyk die boonste gedeelte die beste te wees vir asyn)
1 laag van die middelste stuk vye in ‘n plastiekbak, boonste en onderste gedeeltes so 15mm dik gepak. Dit moet gehou word in ‘n koel donker plek totdat die vye so 50% kamoeflering lyk (groen/bruin). Bedek die vye met ‘n melkdoek.
MOENIE die vye in die middle deur sny soos op die foto nie, dit is net n Ilustrasie. Slegs die “kop” en die “Stert” word afgesny..
Proe daagliks met vinger. Sodra aanvaarbaar is wod dit in melkdoeksak opgehang. Drup deur en vang die asyn op.
Dit blyk te wees dat vye in ‘n droe jaar makliker ‘n goeie asyn maak as in ‘n hoe reenval jaar. Hou elke dag se asyn (vye) in apparte bottle en moenie meng met vorige of volgende dag se asyn nie.
Sit die datums en inligting oor oor die reen seisoen op die bottle.
NB: moenie natgemaakte vye gebruik nie. Toets – vye wat in die somer geoes word – vries en maak asyn in die winter.
Gebruike van vyeasyn:
1. Op slaai na smaak
2. Helfte van die asyn in ‘n asynpoeding, asook ‘n toets om die volledige hoeveelheid asyn te vervang.
3. Kan ook dit wt oorbly in die melkdoek – duik dit/ proe dit – as dit die bekende vye reuk en smaak gee vervang helfde of volle asyn met die moes in die poeding.
Uyse van Omitara, Namibia – enige bevindinge kan aan ons gestuur word per e-pos.
Geplaas deur: Stefaans Blaauw