LICHELLE SE KERRIE NOEDELSLAAI
500 g skulp noedels
1 groot ui gekerf
1 greenpepper gekap
Sous
1 koppie tamatiesous
¾ koppie suiker (200 ml)
½ koppie olie (125 ml)
½ koppie wit asyn (125 ml)
25 ml kerrie (5 gelyk teelepels)
7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tobasco sous
Kook noedels net tot sag en dreineer.
Bedek met koue water.
Meng al die sous bestanddele goed saam.
Dreineer die koue water van die noedels en voeg die noedels by die sous.
Bewaar in flesse in yskas.
Foto en Resep: Lichelle Fouche Marais
Foto: Pulcherie Lubbe









