SEEKOS SLAAI
Het vanaand ‘n vinnige seekos slaai aanmekaar geslaan voor die krag vanaand om 18h00 afgegaan het!
Ek het 400 g mossels skoongemaak en vinnig in suurlemoen/knoffel botter gaar gemaak en eenkant gesit om koud te word. Toe 400 g calamari op selfde manier gaar gemaak en daarna 400 g garnale. Terwyl die seekos koud word het ek borde gepak met verskillende slaai blare (asian mix) en toe komkommer, klein tamaties en avokado opgesny en oor die blare gestrooi. Het toe in die middel van die bord ‘n lekker skep “basil pesto” roomkaas gesit en die seekos bo oor gestrooi. Het nog bietjie suurlemoensap en balsamic reduksie oorgesprinkel en toe lekker vars gemaalde peper en sout oorgestrooi. Ons het heerlik gesmul en wag nou vir die krag om weer aan te kom!
Resep en foto: Rosemarie Maythan








