GRANADILLA KOEK-7DE LAAN
Koek:
175 g sagte botter
220 ml strooisuiker
7,5 ml vanillageursel
3 eiers
110 g granadillapulp
2 teelepels bakpoeier
2 koppies koekmeel
80 ml melkVoorverhit die oond tot 170ºC.
Klits die botter en suiker saam in ‘n mengbak tot lig en voeg die vanilla by, meng deeglik.
Voeg die eiers 1 vir 1 by en klits goed. Voeg die granadillapulp by en meng.
Meng die bakpoeier en koekmeel saam en sif dit oor die eiermengsel. Vou dit saam met die melk by de eiermengsel in. Giet die beslag in ‘n voorbereide ringkoekpan en bak in die voorverhitte oond vir 30 – 40 minute tot gaar.
Botterversiersel:
125 g botter
1 teelepel vanillageursel
110 g granadillapulp
500 ml versiersuiker
15 – 30 ml melk
Meng die botter, vanillageursel en die helfte van die granadilla pulp tot goed gemeng.
Voeg die versiersuiker en melk om die beurt stadig by en meng goed.
Versier die afgekoelde koek met die botterversiersel.
Drup laastens die res van die granadillapulp bo-oor die versierde koek.
Baie lekker klam koek.
Nota:
Ek het die koek vir die laaste paar minute van die baktyd teen ‘n effe hoër temperatuur gebak om ‘n donkerder kleur te verkry.
Resep getoets en foto: Benhet Nieuwenhuis








