Sif meel, sout en bakpoeier in mengbak.
Klits eier en melk saam
Voeg eier en melk mengsel saam met die gesmelte botter by die meel.
MOENIE TE VEEL MENG NIE.
Voeg gerasperde kaas by en meng deur.
Skep in gesmeerde muffinpannetjie . Voor in die oond sit, braai gesnipperde spekvleis in ‘n pan en gooi kaas by. Roerbraai net tot kaas gesmelt is. Skep dan oor elke muffin. Strooi bietjie gedroogde gemengde kruie gemeng met knypie mostertpoeier oor en bak vir 15 tot 20 min op middelrak teen 220 grade celsius.
Sit warm voor.
BRON – Lizelle Enslin








