LEKKERSTE FUDGE
Kook 1 blikkie kondensmelk vir so 3 min.
Gooi 4 x slabs Milky-Bar in, en 3 eetlepels suurlemoensap (botteltjie)
Gooi in ‘n gespuite bak, laat afkoel.
Dit is dood lekker!!!!
Die Milky bar slabs is 80 g elk, jy moet 400 gram he, ek gebruik 4 slabs
Kook eers die kondensmelk so biekie alleen vir so 3 min, dan gooi jy die sjokolade en suurlemoensap in, roer biekie en gooi dit in jou gesmeerde bak.
HEERLIK ….Dis baie maklik, pasop net dis vreeslik warm, ek het dit sommer op die stoof gedoen. Sny die blik oop en gooi die kondensmelk in die pot. Wees net versigtig, die kondensmelk brand vinnig, dit moet net warm genoeg wees sodat die sjokolade lekker kan smelt
Ek het dit eers in die yskas gesit, toe dit afgekoel het, het my Ma dit gesny .
Foto en resep: Carina Tromp








