
VEGETARIESE ONTBYT PLATTER
Sansha Meyer *Vrugte kebobs – aarbei, pynappel, lichie, druiwe, spanspek, waatlemoen, ens geryg op sosatiestokkie
*Mini quiches – spinasie en feta
*Groente gevulde crépe koevertjies – gemengde groente gebind met geurige witsous en toegevou in klein pannekoekie.
*Mini pizza’tjies – peppadew, sampioen, basielkruid blare, mozarella op papierdun degie as basis.
*Verskeidenheid souterige enkeleetgoedjies soos olyfie, kasie, agurkie ens. op ‘n tandestokkie met ‘n yogurt/roomkaas basis doopsousie.
*Wortelstokkies, selderystokkies, kaas stokkies – werk ook saam met bg. doopsous.
*Garneer alles saam op ‘n groot bord met verskeidenheid goeie gehalte neute – nié grondboontjies nie!






