

NEUTBESKUIT
1 kg bruismeel
2 hoogvol teelepels bakpoeier
2 koppies muesli
2 koppies All Bran
1 koppie sonneblomsaad
½ koppie klapper
1 koppie gekapte pekanneute, cranberries, pampoensade
2 koppies bruin suiker
2 eiers
2 koppies karringmelk
500 g margarien
Meng alle droë bestanddele.
Klits eiers en voeg karringmelk by.
Smelt margarien.
Meng alles saam en bak teen 180°C vir 1 uur en dan nog ‘n rukkie (so 10 minute teen 160°C).
Laat heeltemal koud word, sny en droog uit.
RESEP EN FOTO: Jackie Naude







Hierdie is PRESIES my Nutty rusk resep, al verskil is dat myne een gerasperde groen appel inkry. Probeer dit gerus, volgens my is hy nog lekkerder met die appel in.