LEKKER NEUTBESKUIT


NEUTBESKUIT
1 kg bruismeel
2 hoogvol teelepels bakpoeier
2 koppies muesli
2 koppies All Bran
1 koppie sonneblomsaad
½ koppie klapper
1 koppie gekapte pekanneute, cranberries, pampoensade
2 koppies bruin suiker
2 eiers
2 koppies karringmelk
500 g margarien
Meng alle droë bestanddele.
Klits eiers en voeg karringmelk by.
Smelt margarien.
Meng alles saam en bak teen 180°C vir 1 uur en dan nog ‘n rukkie (so 10 minute teen 160°C).
Laat heeltemal koud word, sny en droog uit.
RESEP EN FOTO: Jackie Naude