Maak julle roereier in die mikrogolfoond? Dis so maklik en heerlik romerig.
Klits 4 eiers (of hoeveel jy nodig het) in ‘n glasbak, voeg sout en peper en ‘n spatseltjie melk by asook ‘n klontjie botter (opsioneel). Mikro vir een minuut en roer, roer dan na elke 20 sekondes. As jy dit so doen sal dit nooit oorgaar raak nie, want jy kan dit goed beheer. Nooit weer droë smaaklose roereier vir jou nie!
Resep en foto: Louise Groenewald








