Piesangkoek:
375 ml gesifte koekmeel (lees nota onderaan)
2 ml sout
2 ml neutmuskaat
125 ml sagte botter
375 ml suiker
2 eiers geklits
5 ml koeksoda
75 ml suurmelk (melk met bietjie suurlemoensap of asyn in)
4 piesangs fyn gemaak met ‘n vurk – (ekt 6 gebruik)
5 ml vanilla geursel
Voorverhit oond op 180 ºC.
Meng alles vir die bolaag saam.
Sif saam koekmeel, sout en neutmuskaat saam! Klop die botter en suiker saam tot lig.
Voeg die eiers by en klop goed. Voeg nou die gesifte bestanddele by.
Los die koeksoda in die suurmelk op en voeg dit saam met die piesangs en geursel by die meelmengsel. Meng goed. Skep in voorbereide losboom koekpan
Strooi die bo laag oor en bak sowat 60 min of tot gaar, moenie uithaal voor gaar toets nie.
Baie baie lekker!!!!!










Ek het bietjie meer piesang gebruik en die die koek het heelwat langer gebak as wat die resep se, maar hy het pragtig gekom, sal laat weet wat se die tong tippie toets 🙂
Ooo ja, en dan het ek ‘n half kp meel vervang met self raising nadat ons in die week gesels het oor die meel wat nie meer so lekker bak nie. dit het perfek gewerk.
Myne het 1 en ‘n half uur gebak, ek het die oond na ‘n uur afgedraai na 160 grade C sodat die bolaag nie brand nie.