FANIE SE VRUGTEKELKIE
Nektarien skyfies onder met mango, groen en geel spanspek, pynappel 2 eetlepels aarbei jogurt.
Plaas waaiergesnyde aarbei bo-op. Het nog perske oorgehad en dit sommer so oor die glas se rand gehang vir mooiheid.
Kan waatlemoen ook gebruik vir ekstra kleur in glas. My glas was rooi genoeg en die waatlemoen weggelaat.