

PERI PERI HOENDERLEWERTJIES MET SAMPIOENE EN SUURROOM
olie en suiwer botter, vir braai
1 ui, gekerf
1 knoffeltoontjie, gekerf
1 pak sampioene, gekerf
2 klein houertjies lewertjies
1 homp van Nando se Peri-Peri sous
1 hoogvol eetlepel suurroom
Plaas die olie en botter in pot en braai die ui en knoffeltoontjie in pot.
Voeg die sampioene by en braai verder.
Voeg die lewertjies by braai saam.
Voeg ‘n lekker homp van Nando se Peri-Peri sous by en haal van plaat af.
Vou dan die hoogvol eetlepel suurroom in.
Vak is uitgelek.
Resep geplaas deur Joyce Koen
Foto: Elize de Kock






