VRUGTEKOEKKONFYT
Ben Rautenbach het hierdie heerlike resep en mooi foto vir ons gestuur, hy weet nie wie se resep dit is nie, maar hy se dit is uit die boeke lekker en julle kan maar probeer.
1 kg wortels geskil en gerasper
1.5 kg pere geskil en blokkies gesny
2 groot pynappels geskil en fyn gemaal
½ teelepel sout
125 ml suurlemoensap
1 eetlepel vanilla
½ teelepel neutmuskaat
0.25 ml kaneel
8 koppies witsuiker
4 koppies bruinsuiker
Voeg 1ste 8 bestanddele saam in ‘n groot pot en kook tot sag.
Voeg die witsuiker en bruinsuiker by en kook tot verlangde tekstuur. Bottel warm en verseël
As pere te hard is kook 10 min voor ander bestanddele bygevoeg word.
Foto: Ben Rautenbach








