KIKKER OU BROOD EN MIELIEPAP BIETJIE OP
Maak n beslag van
1 koppie koekmeel
1 eier
1/2 koppie melk
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel botter
knippie sout en peper
Bietjie melk ekstra om slap deeg te maak.
Melt die botter, en klits die eier daarby in, meng met half kp melk.
Meng die droe bestanddele en meng met die vloeistof mengsel. Indien die mengsel te dik is, voeg bietjie melk by tot ‘n slap beslag
Neem ou snye brood en doop in die beslag. Bak in warm olie. Bedien met kaas of biltong.
Maak Mieliepap en skep in n laagpan, druk mooi vas. Laat staan oornag, sny in skywe en doop in beslag.
Bak bruin in olie.
Bedek met oorskiet stukkies vleis en fyn pietersielie. Gebruik vir ontbyt!