MUESLI GESONDHEIDSBESKUIT
Resep: Amanda Conradie
Foto: Elize de Kock
FOOD LOVERS RECIPES
6 koppies bruismeel
4 koppies Woolies Cranberry Muesli Mix
1 ½ koppies Demerera suiker (kan minder gebruik as dit te soet is)
2 teelepels sout
1 teelepel bakpoeier
500 g margarien (gesmelt)
2 koppies karringmelk
200 ml olie
½ koppie rosyntjies (pitloos)
Meng al die droë bestanddele goed.
Voeg res van die bestanddele by en meng. Druk in beskuitpan (ek het pan gespuit met olie).
Bak (+- 1 uur) of tot mespunt skoon uitkom (180ºC).
Koel af voor sny of breek om te droog.
Droog in oond (70ºC) vir +- 4 ure.
5 thoughts on “MUESLI GESONDHEIDSBESKUIT”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.









Dankie Rina vir jou hulp. Ek sal p die blog vra as ek weer hulp nodig het.
Groot plesier ek hoop jou beskuit kom heerlik
Dagsê Elize. Kry hierdie resep nie eiers in nie, ek wil dit bak en sien nie eiers wat bygevoeg moet word nie. Dankie.
Hallo Meisie, ek stel voor dat jy maar altyd op die groep vra, want hier kan ons jou dalk mis, maar ek sal vir Elize vra om neet te bevestig vir ons. Dankie vir jou navraag, ek kom terug na jou toe?
Hallo Meisie ek het bevestig met Amanda en Elize daar kom geen eiers in die resep nie, geniet en kom vertel vir ons asb?