MUESLI GESONDHEIDSBESKUIT

2014-12-06-muesligesonheidsbeskuittested

MUESLI GESONDHEIDSBESKUIT
Resep: Amanda Conradie
Foto: Elize de Kock
FOOD LOVERS RECIPES
6 koppies bruismeel
4 koppies Woolies Cranberry Muesli Mix
1 ½ koppies Demerera suiker (kan minder gebruik as dit te soet is)
2 teelepels sout
1 teelepel bakpoeier
500 g margarien (gesmelt)
2 koppies karringmelk
200 ml olie
½ koppie rosyntjies (pitloos)
Meng al die droë bestanddele goed.
Voeg res van die bestanddele by en meng. Druk in beskuitpan (ek het pan gespuit met olie).
Bak (+- 1 uur) of tot mespunt skoon uitkom (180ºC).
Koel af voor sny of breek om te droog.
Droog in oond (70ºC) vir +- 4 ure.