FLAPJACK KOEK
Pannekoek beslag
My man gebruik die resep en niks anders. Hy maak nie dun pannekoeke nie maar lekker dik groot flap jacks. Dit kan ‘n lekker waffle resep ook wees. Resep kan gehalveer word. As eiers te veel klink moet nie skrik nie. Dis die geheim van goeie pannekoek beslag.
Lewer 60-72 pannekoeke
500 g gesifte koek meel (4 koppie x 250ml)
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
10 ml (2 teelepels) sout
12.5 ml (1 eetlepel) strooisuiker
8 ekstra groot eiers
1 liter (4 koppie) melk
25 ml (2 eetlepel) brandewyn
250 ml (1 koppie) olie
Gebruik groot mengbak en sif meel, bakpoeier, sout en suiker saam. Tweede mengbak klits die eiers en roer melk geleidelik by. Roer van die melk/eier mengsel geleidelik by meel mengsel en maak aan tot ‘n gladde pasta. Gebruik ‘n houtlepel en roer res van melk/eier mengsel by. Giet deur sif vir eksta gladde mengsel. Voeg brandewyn en olie by en meng goed met houtlepel. Maak seker dat olie heeltemal opgeneem is in beslag. Laat beslag rus vir een uur. Roer weer deur en begin bak. Stapel met vulsel na smaak.
Resep en foto: Marie Fourie








