KLAM SJOKOLADEKOEK
Koekbeslag:
4 eiers
4 teelepels vanilla essence
1 ½ koppie suiker
1 koppie melk
½ koppie olie
2 koppies koekmeel
4 eetlepels kakao
1 eetlepel koffie
knippie sout
4 teelepels bakpoeier
Klits eiers, suiker en vanilla goed saam. Verhit melk en olie tot lou. Voeg by eiermengsel. Meng die droë bestanddele by die eiermengsel. Roer die res van die bastanddele saam. Skep in ‘n voorbereide pan.
Bak vir plus minus 25 minute by 180ºC.
Sous:
1 ½ koppie suiker
2 koppies water
Kook suiker en water saam tot suiker opgelos is. As koek gaar is, druk baie gate in die koek met ‘n vurk. Giet die sous oor die warm koek. Laat koek afkoel. Versier na smaak.
Nota: Ek bak die koek in ‘n glasbak dan hoef jy hom nie uit te haal nie, hy breek maklik na die sous oor gegooi is. Ek maak dit ook as ‘n poeding met roomys en vla.
Kan karamel oor smeer of 2 slab neute sjokolade smelt met ‘n kwart koppie melk of ideal melk en warm oor koek skep! Geniet dit!
Foto en resep: Christo En Chrissie Lottering
2de foto; Jeanette Martins
Dood gewone margarien (klits tot amper wit!) en versiersuiker. En natuurlik kakao. Maar ek weet ongelukkig nie hoeveel nie!
Ek los die koffie uit.








