DRONK JELLIE (JELLY SHOTS)
My dronk jellies vir Nuwe Jaar!
Maak gewone jellie aan volgens die aanwysings op die pakkie.
Meng vodka met kondensmelk en opgeloste gelatien.
Hoeveelhede is na smaak, maar die volgende aanwysings aan gebruik word en dan aangepas word na smaak
1 kaartjie gelatine (2 teelepels)
3/4 koppie vodka
½ blikkie kondensmelk
Spuit ‘n vierkantige glasbak met spray and Cook.
Giet ‘n dun lagie jellie, laat stol en giet die vodkalagie tussen elke volgende jellielaag tot al die bestanddele opgebruik is. Laat stol na elke lagie voor die volgende lagie opgesit word.
Plaas in die yskas om heeltemal te stol na die laaste lagie en sny in blokkies.
Resep en foto: Marietjie van der Merwe








