SAMPIOEN EN SPEKTERT
KORS
Krummel saam en meng:
90 g botter/margarine
sout
rooipeper
1 koppie koekmeel
+- 90g geraspede cheddarkaas
VULSEL:
Braai die volgende saam:
1 pak gesnipperde spek/ham
1½ pak vars sampioene (375g)
½ Groen soetrissie
1 ui
Ekstra:
3 eiers
1 koppie gerasperde cheddarkaas
+- 2 koppies witsous
Druk die kors in ‘n voorbereide tertbak vas en sit in die yskas.
Braai die vulsel bestanddele saam.
Maak kaassous en voeg by die gebraaide bestanddele.
Laat af koel, skep in die voorbereide tertbak of muffin pannetjies,
Klits eiers en skep bo-oor.
Strooi kaas bo-op en bak +- 40 min op 180ºC
Die muffin pannetjies sin sal korter bak, toets op 25 min vir gaarheid.
Resep: Dalina van Heerden
Foto: Diane Roode Hancox








