


WIL OPHOU MAAR KANNIE PASTAGEREG
Resep geplaas deur Sonja Young
Foto: Heibre Schronen en Tertia Vivier Van Breda
FOOD LOVERS RECIPES
300g spaghetti
½ pakkie spek, gesnipper
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, gekap
1 pakkie sampioene, gekap
1 blik tamatieroomsop
100 ml tamatiesous
1 blik gedreineerde heelpitmielies
50 ml olie
1 koppie cheddarkaas, gerasper
Sout en peper na smaak
Kook spaghetti tot gaar, voeg olie en heelpitmielies by, hou eenkant.
Braai ui, soetrissie, spek en sampioene tot gaar.
Voeg res van die bestanddele by, meng goed.
Skep in ‘n vuurvaste bak, en bak vir 20 minute oop, teen 180ºC.







Karin Rall Britz
Ek het vandag die resep op die blad gekry en besluit om te maak. Dit is werklik lekker en jul kan dit gerus probeer.
Tertia Vivier Van Breda
Dis ‘n maklike dis wat heerlik lyk, ruik en proe! Die naam is 100% gepas