

KERSIE KAASKOEK
1 pakkie beskuitjies fyn met margarine. Pak op bodem.
Jy kan enige vrug gebruik. Pynappel, suurlemoen, strawberries letterlik enige iets en dan daai geur jellie
1 pakkie kersie jellie
2 bakkies gladde maaskaas
1 blikkie kersies
1 blik kondensmelk
Maak jellie aan met ½ koppie kookwater. Laat afkoel. Meng/klits al die ander bestanddele. Voeg afgekoelde jellie by. Voeg fyngekapte kersies by.
Sit dan die vulsel op die kors, en yskas toe met hom tot gestol
Resep en foto: Dorea Fischer






