

VINNIGE KOEKIE IDEES
Marietjie van der Merwe
Ek het ‘n heerlike vinnige “snack” waaroor my kinders mal is, foto nog in die was.
Plaas helfte van ‘n pak mariebeskuitjies op ‘n mikrogolf bestande bord en sit ‘n marshmallows op elke koekie, plaas in mikrogolf en hou dop, sodra marshmallows uitpof, druk nog ‘n koekie bo-op vas. Die kinders is mal hieroor en dit neem net paar sekondes om te maak. Jy kan mini marie’s en -marshmallows gebruik vir ‘n meer fyner effek. Dit lyk ook pragtig.
Maryna Viljoen:
Ek gebruik weer die Marie beskuitjies om vinnige hertoggies mee te maak,,ek smeer appelkooskonfyt oor en dan klapper bo op gesprinkel, kan vinnig verbruin word, heerlike vinnige soetigheid vir tee.
Louw Louwtjie:
Hier noem hulle dit “smoors”. Dis gewoontlik ‘n nagereg by ons braaie. Koekie met ‘n dun sjokolade skyfie op. Braai die marshmallow oor die kole en plaas dit vinnig op die sjokolade skyfie en plak dan die koekie op en druk vas. Die marshmallow help om sjokolade bietjie te smelt en dis net ‘n soet-plesier. Het nog nooit daaraan gedink om in die huis te probeer nie. Lekke dag






