BUBBLY SJOKOLADEKOEK
2 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 ¼ koppie suiker
3 eiers geskei
½ koppie olie
½ koppie water
1 teelepel vanilla geursel
1 bubbly sjokoladeSif alle droë bestanddele saam. Meng die eiergeel, olie, water en vanilla saam. Meng dit goed saam die droë bestanddele.
Klits eierwit styf en vou in mengsel in.
Neem ongeveer 3 bubbels van die bubbly en krummel dit in die mengsel in. Skep in ‘n gesmeerde koekpan en bak vir 30 – 40 min op 180ºC.
Ek het sommer die sjokolade wat jy smelt gevat en gesmelt en oorgegooi wanneer die koek afgekoel het. Dan vat jy vat die bubbly en breek dit oor die koek en sit stukkies bo-op soos jy verkies. Sit in die yskas dat die sjokolade kan stol. Baie lekker!
Resep en foto: Joanese Basson








