

SOETSUUR VARK MET LEMOENSAP
1 kg varkvleisblokkies
sout
25 ml mielieblom
50 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 groen soetrissie, in repies gesny
1 rooi soetrissie, in repies gesny
37,5 ml strooisuiker
75 ml wynasyn
50 ml tamatiepuree
60 ml lemoensap
15 ml sojasous
25 – 30 ml mielieblom
Geur vleis met sout en vryf mielieblom in.
Braai vleis in olie tot bruin. Verwyder en dreineer op handdoekpapier.
Roerbraai ui 1 min. Voeg soetrissies by en braai nog 1 min.
Meng res van bestanddele saam en voeg by. Roer totdat sous verdik.
Plaas vleisblokkies terug in pan en prut 1-2 minute totdat vark goed warm is.
Dien op saam met rys.
Bron: Cornelia Myburgh






