
DUMPLINGS (LEKKER MET LAM CURRY)
Ek moet net die dumpling resep met julle deel, die van julle wat van dumplings hou, ek het nog nooit in my lewe van kosmaak ‘n beter resep gekry nie, die dumpling is lig en donsig en absorbeer heerlik die curry sous en glo my vlop vry. Die resep is al jare in my besit wat ek by my tannie gekry het wat van skotse afkoms is.
625ml koekmeel
10ml bakpoeier
5ml sout
2eiers
melk
Meng die droë bestandele in ‘n bak. Meng die eiers en so 1/2 k melk in ‘n bakkie en voeg by, voeg net genoeg melk by om ‘n stywe (nie te styf nie maar glad nie loperig nie) deeg te maak meng goed tot klonte uit is. Skep lepels vol deeg op die curry terwyl dit kook, maak seker daar is genoeg sous in die pot. Sit die deksel op en laat kook op meduim hitte vir so 20min MOENIE DEKSEL OPLIG nie anders val hulle plat. Herhaal met die oorblywende deeg. As die sous min raak voeg net kookwater by jou curry meng goed deur en gaan aan met die dumplings. Geniet
Bron en Fotos: Ilona Turner Chester






