vir die rolkoek
110G strooisuiker,
20 gr cacao,
25 gr meel
en 3 eiers,
na eiers als gemeng soos mens met rolkoek doen, voeg 15 ml kookwater by, Gooi in pan en bak.
Mens voer `n halfronde bak uit met kleefplastiek, pak die rolkoek skywe in. Daar is baie verskillende stappe en idees wat jou heeldag kan besig hou. Ek het direk my roomys ingeskep en die bak bedek en gevries. In my geloof mag ek nie dairy saam of na vleis bedien nie, so ek maak ook self die parev roomys (konkoksie), so ek neem aan mens moet die gekoopte roomys effens laat sag word. Kyk gerus op die net, daar is baie foto`s en idees van lae en kleure en geure. My skoonma maak al jare so rolkoek en room met instant poeding gemeng en vrugte soos ingelegde perskes of aarbye as `n yskaskoek, word selfde aanmekaar gesit en op bord omgekeer, baie mooi vir bedien.
BRON- Sonja Zino








