YSKAS OORSKIET SOUTTERT
Sondae is yskas skoonmaak dag want die vullis gaan uit op Sondag aande. Dan moet ek al die oorskiet in die yskas gebruik. Hier is vandag sn
Braai saam in n bietjie olie en botter:
1 ui gekap
1 soetrissie gekap
Bakkie sampioene in skyfies gesny
200 g bacon gekap( of naastenby)
Laat effe afkoel.
Klop saam:
4 eiers
1 koppie room
1/2 koppie koekmeel
Gooi die groente mengsel by die room mengsel .
Voeg by:
2 koppies kaas gerasper
1 bossie pietersielie fyngekap
1 teelepel sout
1/4 teelepel peper
Meng goed en skep in n gesmeerde tertbak.
Bak vir 35 minute by 180c.
Onthou dis yskas oorskiet so enige iets kan saam gegooi word.
BRON- HETTIE BEZUIDENHOUT








