GIDEON LOUW – ons het vannaand gehad worsie oppie soutblok n tsoppie oppie soutblok als net traais saam met tsjops oppie kole en skaap stertjie s en dit was nou baaaaaasie lekkrrrr
Elizma Van Rooyen – Ken dit nie vertel my hoe maak mens steak daarop gaar…
Liezl Louw – Jy maak dit warm op die kole tot ongeveer 400°C. Dan braai jy jou vleis daarop. Jy hoef dit nie te sout nie en die blok hou sy hitte baie lank.
Jy kan dit ook “chill” en gebruik as n platter vir koue kos bv sushi ens.
Jy kan dit weer en weer gebruik. Word skoongemaak met slegs klam lappie aangesien sout self n reinigings agent is.
Nicolette Fick – Het al gebruik vir visbraai en steakbraai – ‘n wenner
Herman Fick – Sout blok Werk soos ‘n droom. Love it vir steak en vis. Beveel dit vir almal aan….. Ek verhit die slab tot so 200C. (Meet met infrarooi temp meter as jy onseker is van jou hitte op jou grill).. As jy klaar is, laat dit afkoel en spoel die bokant more af en alles is weer nuut!…
Liezl Louw – So jy hou hom op die kole?.. En sit jy ekstra geurmiddels by?
Herman Fick – Dis op my gas braaier. Jy kan hom seker op kole gebruik, maar swart gaan hy wees! Jy kan dit op ‘n gas stoof/plaat ook gebruik. Ek het defnitief spices opgesit…maarnue baie nie. Youtube het baie videos om te kyk. Pinterest het baie pics
Tina Botha – Kan mens dit ook op n elektriese plaat/plate gebruik? Die gas maak alles onder swart.
Herman Fick – Jy kan geensins die blok op ‘n elektriese stoof gebruik nie. Dit word nie warn genoeg nie. Gas brand glad nie swart nie….behalwe as jou suurstof mengsel nie reg is nie en dit brand dan met ‘n geel vlam. Blou vlamme is wat jy veronderstel is om op gas plate te hê.
Gideon Louw – Herman Fick inteendeel ek het my soutblok op die elektriese stoofplaat warm gemaak en dit het goed gewerk toe neem ek dit net ui na my braai kamer toe en sit dit oppie kole Tina Botha dink twee keer voordat jy dit aanskaf hoor !!







