SOET SUUR HOENDER MET FYN PYNAPPEL
heel hoender in stukke gesny
1 klein blikkie fyn pynappel met sous en al
3 eetlepels asyn
1 klein ui fyn gekap
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels soet chillie sous
1 pakkie sampioen soppoeier
2 eetlepels suiker
Rol die stukke hoender in die soppoeier en pak die stukke in ‘n vuurvaste oondbak
Meng alle ander bestanddele saam en meng tot ‘n sous
Gooi die sous oor die stukke hoender
Bedek die bak met foelie en bak vir 2 ure in voorverhitte oond op 180º C
Haal foelie af en rooster effens tot bruin
2de Foto: Petro Borchard










Petro Borchard
Het die chutney uit gelos, meer sweet chilli + 1 t cumin poeier by gesit. Vir korter tyd gebak. Kan dit hoog aanbeveel.