Plaas botter, meel en suiker in voedselverwerker. Verwerk tot gemeng en soos broodkrummels lyk. Terwyl verwerker aan is voeg eiermengsel by. Meng tot deeg vorm. Haal uit en maak toe in kleefplastiek. Laat in yskas rus vir 30 minute. Rol uit op meelbestrooide oppervlak. Spuit 24cm tertbak en voer uit met deeg. Bak blind vir 15 minute by 180ºC. Laat afkoel.
Vulsel
300 g pekanneute
4 eiers
200 g sagte bruin suiker
190 ml goue stroop
Knippie sout
60 ml gesmelte botter
5 ml vanieljegeursel
Kap 200 g pekanneute grof in voedselverwerker. Gooi gekapte neute in afgekoelde tertdop.
Klits eiers, bruin suiker, stroop, sout, botter en vanieljegeursel saam. Gooi oor gekapte neute in tertbak. Rangskik 100 g heel neute bo-op. Bak 40 minute teen 180º C. Sit warm of by kamertemperatuur voor.
Foto: Marika Tegmann
2de FOTO – Suneth van Rensburg