Vulsel:
2 koppies versiersuiker
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 eetlepels margarien
1 teelepel karamel geursel
Roer alles tot mooi glad saam en smeer die koekies. Dit hang af hoe dik jy dit smeer of jy gaan uitkom vir die hele 10 koppies meel resep anders maak jy maar weer aan.
Jy kan ook vanilla geursel gebruik of amandel net wat jy verkies.
Dit word nogal gou styf en droog ek hou hul eers uit voordat ek hul in ‘n verseëlde blik bere.








