

KOOS SE DEURNAG BEESKERRIE
4 groot uie gesny
3 kg bees stew vleis
6 groot aartappels blokke gesny
Wortels (Miniatuur)
Klaar gekoopte kerrie sous
Braai uie en verwyder van pot
Braai 1 kg beesvleis in ‘n yster pot tot goed bruin en geseel sodat die sappigheid binne bly.
Verwyder die vleis uit die pot. So braai jy al 3 kg tot klaar
Stel die plaat se hitte af. Op my stoof van 6 na 3 of 2 of self 1 aan die begin net om eers hitte in die pot stadig op te bou.
Voeg al die vleis terug in die pot.
Ek pak n laag vleis, gooi sout en peper, pak n lagie van die gebraaide uie en dan weer vleis, sout en peper en uie tot alles in die pot is. Dit versprei maar net die smaak van die uie beter.
Wag tot die plaat die temperatuur bereik waarop jy dit gestel het en plaas die pot met die deksel terug op die plaat.
Laat stoom kook vir 3 ure.
Ek voeg nie water by nie en maak staat op die sap in die vleis maar as jy sien dit is te droog gooi klein bietjie water in om te keer dat die vleis vas brand.
Probeer die eerste uur om nie te roer aan die pot nie daarna kan jy maar begin gereeld deur roer.
My aartappels en wortels kook ek apart tot amper gaar. So drie kwart gaar.
Na 2,5 uur voeg ek my kerrie sous by en laat prit vir nog n half uur.
Stel die hitte van die plaat heeltemal af
Voeg nou die aartappels en wortels by, Roer alles deur en laat staan oornag om te trek
More maak jy jou bykosse en dan laat prit jy net jou beeskerrie weer so vir half uur om mooi warm te wees en deur te kook.
RESEP EN FOTO: Koos van der Merwe






