

KOOS SE BROOD
1 kg koekmeel
1 teelepel sout
1 teelepel suiker
1 pakkie kits gis (Ons gebruik die groen pakkie)
Vat ‘n beker warm water, nie te warm nie, moet jou hand in dit kan druk sonder om te brand.
Meng al die droë bestanddele saam.
Gooi warm water stadig by terwyl jy met jou een hand dit deur die droë bestanddele inwerk.
Hou aan water byvoeg tot die deeg gemaklik styf is, dit moet amper te nat wees (moet nog aan jou hande kan vassit).
Vat ‘n swart plastiek sak, en sit die bak met die deeg binne die swartsak.
Maak toe met ‘n kombers, sit in die son om vir so 30 min tot dit dubbel die grote gerys het.
Smeer botter aan jou hande, en werk dan die deeg af.
Maak vir jou bolletjies soos in die geval van my Varkie Mini Broodjie so 100 gram en plaas dit in jou klein brood pannetjies.
Of deel die deeg in twee, vir twee goot broodpanne.
Maak weer toe, en laat weer rys, plaas in oond teen 180°C vir ± 45 min.
In die geval van die Varkie moet jy met gevoel werk. Die Varkie Mini Broodjies so 30 minute as die varkie warm is (Pre-Heat) en vol kole oral gepak is.
Foto en resep: Koos van der Merwe






