MAKLIKR AARTAPPELSLAAI
10 meduim aartappels
1 1/2 eetlepel droë pietersielie
1 1/2 koppies Nola mayonnaise
Half koppie melk
Skil aartappels en kook dan heel aartappels tot gaar, voeg sout na smaak in water van aartappels. Kook tot gaar nie pap nie. Plaas gaar aartappels in koel water tot afgekoel . Neem afgekoelde aartappels en sny in blokkies nie te groot nie, gooi dit in die bak waarin jy slaai gaan maak. Voeg pietersielie by meng melk en mayonnaise en voeg by.
Sit in yskas vir ‘n paar ure.
WENK: Jy kan altyd n eetlepel wit suiker oor strooi as jy nie van die suur smaak van mayonnaise hou nie. Jy kan ook pietersielie vervang met enige soet rissie. Jy kan altyd ook die wit van ‘n gekookte eier in klein stukkies sny en by voeg.
Bron en Foto: Elmarie Coetzee








