KAAS EN MIELIEBROOD
Resep en Foto: Elsa du Plessis
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie brood maak jy in ‘n japtrap en jy kan dit voorsit saam met braaivleis of met ontbyt.
Lewer 1 brood
500 g bruismeel
5 ml (1 teelepel) sout
3 ml (ruim ½ teelepel) bakpoeier
1 blik (410 g) heelpitmielies, gedreineer
30 ml (2 eetlepel) vars pietersielie, gekap
200 ml cheddar kaas, gerasper
500 ml (2 koppies) karringmelk
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan van 26 x 13 cm.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Voeg die mielies, pietersielie, helfte van die kaas en die karringmelk by en roer liggies met ’n vurk.
Skep in die voorbereide pan, sprinkel die orige kaas bo-op en bak 1 uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die brood kom.
Kaas en mieliebrood
500 g bruismeel
5 ml sout
3 ml bakpoeier
1 blik pit mielies, gedreineer
2 koppies karringmelk
200 g kaas, gerasper
Sif meel sout en bakpoeier saam. Voeg mielies, en helfte van kaas by. Voeg karringmelk by en meng liggies. Skep mengsel in gesmeerde brood pan en gooi ander helfte kaas bo oor.
Bak vir 1 uur op 180ºC.
2de foto: Rachelle Reyneke het die 2 keer aangemaak en nie die resep verdubbel nie. Haar broodjies was vreeslik lekker.









