


GIDEON SE VLAKOEK
4 Eiers geskei
50 ml koue water
4/5 k suiker (200ml)
25 ml mielieblom
250 ml meelblom
5 ml bakpoeier
1 ml sout
Klop eiergele, water en suiker baie goed
Sif die droe bestanddele saam. Vou in eiergeelmengsel. Klop eierwitte styf en vou laaste by en skep in 2 laagkoekpanne.
Bak 20 min by 180 grade.
Laat heeltemal afkoel en sny elke laag deur, dus het jy dan 4 dele.
Vulsel:
120 gr margarien
500 ml melk
5 ml vanilla
3/4 k strooisuiker
4 dessertlepels rondvol vlapoeier
Room margarien en strooisuiker baie goed. Maak dik vla van melk en vlapoeier. Laat koud word en roer by margarien mengsel. Voeg vanillaby en klop goed.
Smeer tuusen lae en bo-op. Strooi Tennisbeskuitjie krummels oor. Laat vir een dag in yskas in plastieksak vir lekkerte.
Resep en foto’s: GIDEON LOUW






