DRIE BESTANDDELE VRUGTEKOEK MET N TWIST
Ek het die Three Ingredient Fruit Cake gebak, kom ek vertel
Ek kon nie ice coffee kry nie, maak toe koffie van 3 teelepels koffie in 650 ml water en voeg 100ml rum by.
Gewonder oor die vetinhoud en voeg toe 50 ml botter by die warm koffie.
1 kg vrugtekoekmengsel was te veel rosyne vir my en neem toe ½ kg vrugtekoekmengsel en ½ kg kersies. (Ek het gesnipperde GROEN kersies gekoop maar sal nie weer nie, koop eerder heel en sny self).
Was bekommerd oor die geur en voeg toe 2ml van elk – gemmer, neutmuskaat en gemengde speserye in die bruismeel. (volgende keer sal ek kakao byvoeg vir bruin kleur)
Die beslag was bietjie slap, maar ek het dit net so gelos. In gesmeerde ringpan gesit met waspapier onder in.
My eie vrugtekoek bak ek in mikro dus sit ek die een ook toe vir uur op 30 persent krag.
Dit het goed gebak, klam en geurig asook ryp met die rum!!
Die grap van alles – familie het lekker gelag – die koek se kleur was groen!! Natuurlik die kleursel in die gesnipperde kersies se stroop. Hierdie is ‘n resep as jy vining ‘n vrugtekoek wil he – hy is amper opgeëet met roomys!!
Probeer dit gerus – speel met die resep, hy is vining, maklik en goedkoop genoeg.
Resep en foto: Lettie van der Merwe








